Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Kaalvoet Liefde

Deur Woordsmous
Datum gepubliseer: 14 Januarie 2020 Aantal woorde: 86 186 Kere gelees 2

Kaalvoet staan ek voor jou
my hoof is onbedek,
my hart is in my hande,
my liefde onbevlek.
Jy vra wat’s my begeerte,
wat wil ek hier kom kry,
ek antwoord uit my hart uit,
dis altyd maar net jy…

want dis ‘n kaalvoet liefde dié
waarmee ek jou bemin,
‘n liefde sonder rym of ritme,
sonder einde of begin,
want jy trap kaalvoet spore
op die paaie van my hart,
en so het jy my liefde
lankal reeds vir jou kom vat.

©Anton Bosch 12/01/2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    15 Januarie 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 117
Kommentaar telling: 42

Ek is 'n gebore Boerseun uit die ou Wes-Transvaal. Alhoewel ek die afgelope twaalf jaar in Ierland woon is ek steeds in murg en been en bloed 'n Afrikaner. Weens die liefde vir my taal het ek die pen opgeneem en dig hoofsaaklik in my Afrikaans. Ek is maar 'n groentjie in die digwêreld, het nog nooit 'n bundel gepubliseer nie, maar my passie vir Afrikaans sal sorg dat ek die pen nie weer neerlê voor ek my kop in finale rus neerlê nie. So, tot dan smous ek maar met my woorde...

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale