Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jy’s deel van my verlede

Deur Récayla
Datum gepubliseer: 17 Oktober 2019 Aantal woorde: 232 73 Kere gelees 1

My hart, broos porselein glas
duisend stukkies oor die grond versprei
skerp stukkies wat ek vermy
te bang ek word dieper gewond.

Alles herinner my aan die leë stoel
jy is diep gekerf in my hart
met ‘n warboel gedagtes oor jou-
hoe jy altyd daar was vir my
hoe die lewe jou uitgehol het
en hoe jy nou onmenslik ver is.

Jou naam in die sand geskryf-
die branders het dit opgevreet, vermorsel.
Jou naam word gefluister deur die eggo’s van wat was.

Vrae met geen antwoorde hang oor my kop.
Ek vra die Here nog elke dag,
waarom moes Hy jou vat?
Ek het jou dan so broodnodig!

Gedagte dat die Here my dra- dag vir dag
is die tikkie brood vir my uitgehongerde siel
my vreugde min, skaars is my lag
nogtans is Abba Vader se liefde sag.

Hy help om die verlede te hanteer
die ene waarop jou gesig geverf is
die verlede waaruit jy bestaan.

As die maan en sy sterre my uittart
weet ek Eensaamheid is minder te sien
want Hy genees my hoe meer ek vra.

Onthou net, jy’s altyd deel van my
jy’s deel van my verlede
ons gisters saam is nie vergete
en lief vir jou bly ek.

Ek lê jou by Jesus se voete neer
en ek weet Hy sal mooi na jou kyk
tot ons mekaar weer sien.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 8
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale