Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jy Vul My

Deur Amaspoke
Datum gepubliseer: 28 April 2019 Aantal woorde: 158 194 Kere gelees 1

(aan my geliefde kat wat in die mis verdwyn het)

Eensaam se kleed bedek wysheid se bestaan,
teen gister se onbeantwoorde vrae word gestry,
grou grys wolke van vertwyfeling kom en gaan,
Op soek na sekerheid se antwoord vul jy my.

Wanneer woede en haat my hart se siel skeur,
kom in gedagtenis beelde van jou terug na my,
jou lewenslustige wese is die een wat dit keer.
Op soek na kalmte se rustige streling vul jy my.

Jou oë is die baken wat siel se lig maak brand,
jy offer jouself as ek teen gesiglose wesens stry,
jou krag en moed is die vuur van hoop se hand.
Op soek na liefde se vredevolle waas vul jy my.

Met souterige soet trane van pyn en hartseer,
wat kom en gaan die onbekende in en verby,
waar gees se krag oorwin is waar ek verkeer.
Op soek na die weg van verlossing vul jy my.

25/08/2018 © C. du Plessis




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 61
Kommentaar telling: 129

Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms. Ek het vandat ek by Ink aangesluit het reeds 2 bundels (Dubio en Askuus) die lig laat sien en van my werk is geplaas in Brose Genade, 'n bundel wat in 2015 deur Anze Bezuidenhout saamgestel is vir KANSA, en in Inkspraak, 'n bundel wat in 2017 die lig gesien het.  Ek is tans besig met 'n derde bundel.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 56 gaste aanlyn

Bydrae Totale