Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jy sal daarin bestaan

Deur Ch Nel Venter
Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 Aantal woorde: 81 926 Kere gelees 9

Vertaal in tyd my hand omkeer
skryf in ritme die verhaal
Verdoessel al die stil verkeer
in sonkleed van jou taal

Wanneer tyd aanstap elke uur
sal die oomblik nie vervaag
Deur elke goue kans verduur
sal die Jy daarin bestaan

Carpe diem – gryp elke kans
want tyd loop vinnig uit
As ek met jou die lewe in dans
gly deur die jare vooruit

Stop vir n oomblik, die dans is stom
die einde is nader in die dood vermom




TEMAS
6 Kommentaar
  1. Viooltjie

    30 Maart 2016

    Baie goed gedoen!

  2. Evelyn van der Merwe

    30 Maart 2016

    Bersonderse woordgebruik.

  3. neels

    31 Maart 2016

    Knap gedaan

  4. Ch Nel Venter

    31 Maart 2016

    Dankie julle.

  5. Anze

    6 April 2016

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek

  6. Cornien

    23 April 2016

    Treffend!!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 39

Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 32 gaste aanlyn

Bydrae Totale