Titel: JY IS DIE ROOI VAN MY KANNABOS
Deur Anze

soggens met songroet
as ek my van jou moet speen
sien ek die uitspansel
in jou oë ontkiem
wanneer jóú hande
reeds reikhalsend
na die strepiesmaan
agter die newels reik
maar dis jou kyk
wat my inkatrol
na daar waar
die kannabos
bloedrooi blom
© Anzé Bezuidenhout
Seirdna
Pragtige gedig Anze. Baie geluk met jou plasing in die Oktober kompetisie.
Anze
Baie dankie vir jou saamlees en mooi kommentaar Andries ek waardeer baie