Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jy ©Eduard Smith

Deur Eduard Smith
Datum gepubliseer: 5 Februarie 2020 Aantal woorde: 55 27 Kere gelees Hou van

Jy het uit die knal wat oer geklap het
(die slimmes sweer dis so)
sommer lukraak lyf gekry –
iemand met die gelaat van engele
en die swier van ‘n leeu,
‘n langvingerdief geword
wat my asem kondenseer
in dou wat nat smeer
in elke vou wat rou en seer
somtyds alleen vibreer.

©Eduard Smith 2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    5 Februarie 2020

    Dis sielsmooi!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 29
Kommentaar telling: 46

Laat ek in stilte trap voor die deur waar jy jou woorde berg, soveel so, dat as tyd verloop, jy die sagtrap as vriendskap en die stilte as goedkeuring sal ervaar.  Laat my woorde jou vertel wie ek is.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 33 gaste aanlyn

Bydrae Totale