Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jy

Deur Gert Botha
Datum gepubliseer: 16 Februarie 2021 Aantal woorde: 117 79 Kere gelees 8

JY

Sal jy ooit weet hoe ek voel,
wanneer jou naam oor my lippe spoel.
Hoe my mond droog word,
elke keer wanneer jy my asem wegraap.

Jou vingerafdruk is in my hart,
hard en diep, gewatermerk.
Ek is bang om dit vir jou te sê,
want weet nie waar my naam op jou gedagtes lê.

Agter slot en grendel is my hart vasgepen,
hoe sal ek ooit die liefde stryd wen.
`n Traan rol oor my wang,
hoekom is ek vir liefde tog so bang?

Ek wens dat jy eendag sal hoor,
al moet iemand dit fluister in jou oor.
Ek het my hart in twee gedeel,
een helfte vir jou gelos, met my seël.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    17 Februarie 2021

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 3

...........en nou probeer ons nog `n keer.......

Historium Trust – Trotse borg van Ink dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 196 gaste aanlyn

Bydraes – Argief