Jongste aktiwiteit:

Junienag

buite woed die winde
en reën die aarde nat
ek hoor hoedat die druppels
teen my nag se ruite spat

dagbreek lê nog ure ver
wolke verberg die glans
van sterre en planete
wat midde duisternis
bly dans

maar daar by jou is dit nou ope
oor ’n grasveld en ek glo
die melkweg giet ’n skrootwerf
oor jou huis
en deur jou hemele…
hoog bo

© Carma Shaw
27 Junie 2020
4:21




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed