Jongste aktiwiteit:

*JUBAL HET MUSIEK GEBRING.

God het geweet
ons is van klank gemaak,
die skeppingspols
wat deur stof en lewe kraak.

God het geweet
geen mens kan daarsonder nie:

Jubal het opgestaan in Moab
onder seuns, as vader van musiek.
en met fluit en sitersnaar

by tente in die woestyn
sy lied aan die hemel wyd verklaar –
tot ‘n allegro jubalatum-simfonie.

El Jubal – die Berg – wat is,
lê die fondasie ook vir Liszt.
Klank innerlik gevorm, mét dirigent
word die orkes, een enkel instrument.

Leef jou naam Jubal, in kontinuum.
Speel meesters; virtuoses – ad libitum.

MCDb.

Jubal:: kwytskelding/jubilee
Jubal; Bybelse historiese musikant.




Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed