
as ek woorde gehad het
om jou te beskryf
het ek dit gister al gedoen
maar woorde lê ver
wanneer jy die verstaan van my hart
in jou gedagtes vorm deur jou kyk
weet ek daardie twee oë spreek
boekdele van elke bladsy in my hart
dan vorm ek letters en skommel dit
want woorde ontbreek in stil heimwee
weet ek jou pad ook nie maklik
dan volg ‘n stille sug in my binneste
was die pad tog maar net eenvoudig
dieper kan dit nie grawe na woorde nie
want die verstaan is so helder soos daglig
weet ons net daardie gedagtes is ver
meskien iewers in ‘n boek opgeskryf
waar woorde makliker vloei deur ‘n pen
weet ons elke drukkie kosbaar
‘n soentjie op die wang van dankbaarheid
jy daar is, net om jou omgee te kom deel
‘n hand op die skouer te lê
‘n drukkie te deel van verlange
eenkant geskuif in ‘n diep gedagtes
23/01/2020
©Louisa van Vliet