Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jou laaste asem

Deur Taai
Datum gepubliseer: 13 Desember 2019 Aantal woorde: 51 82 Kere gelees 1

In laaste rooigloed
van jou wingerd
gooi nag sy
skaduwee oor jou
my hart skryn
stil ‘n skree
’n traan versplinter
weerkaats die prism
van jou lewe
stil verorber
roes jou lower
tap jou asem
uit wingerd
met smart vervul
groet ek vir laas
jou kruishout
in stof geplant.

© Taai Bonthuys




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 37
Kommentaar telling: 1

Digter, Skrywer en professionele rekenmeester.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 46 gaste aanlyn

Bydrae Totale