Titel: Jopie Adam
Deur Charleine
As jy nou daar op die klip sit
en jy droom en dig op
waste soort papier het ‘n camel man
by hom?
Vang jy seker vis –
nog een moerse groot
en die vrekste lelikste
wie se baard jy ook in die rivier kan trim!
(is dit vir binnelanders ‘n dis
of gooi jy soos ‘n groene hom
terug vanwaar hy kom?)
Is dié trofee al soort
wat in daardie water is?
Hier onder by die kus
kan jy op ‘n regte rots kom vis,
is daar marine lewe –
‘n hele duisternis!
Daar’s die met guppy-lippies,
blaasoppies wat soos tieties pof
Dan is daar koningsklip, galjoen,
‘n swetterjoel miljoen!
Dalk is hier minder shit,
as in jou lewe in die noorde
net ‘n paar visbolle, maar
dalk ‘n land van rus
(of hoe het jou liedjie dit)?
So vergeet van Gautengeleng
daar’s baie visse in die see!
© Charleine Collins 5 Desember 2018