Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: JAPANESE TOILET

Deur Wilma
Datum gepubliseer: 23 Augustus 2018 Aantal woorde: 317 469 Kere gelees 5

Die Japanese toilette is ‘n heel belangrike item in elke Japanese huishouding. Daar is verskillende soorte. Sommige werk met knoppies, verhit die water, het ‘n wasbak wat as combo dien. Ja, en daar is dinge wat daarmee saamgaan.
Die elektriese toestel wat teen die muur geinstalleer word. Knoppe vir vroue, knoppe vir mans. Dan is daar ‘n knop vir nommer een en een vir nommer twee. Ek wil amper sê: lagwekkend. Daar is selfs een met ‘n straaltjie water wat skoon spuit. Genugtig.
Toevallig kom ek toe op ‘n video af van ‘n enkel blyplek. Klein, klein. Kan nie eers jou twee arms strek nie, so klein is dit. En ek wonder toe, hoe lyk so klein plekkie se toilet? Geduldig laat ek my meesleur met die vertelling oor die kleine spasie.
En daar sien ek toe die badkamer. Maar daar is geen toilet nie. Geen bad nie. ‘n Stort teen die muur met ‘n stortgordyn wat styf teen die muur byna onsigbaar is. Dan ‘n wasbak.
Groot is my verbasing toe ek agterkom die wasbak skuif oor die doodnormale toilet. ‘n Toilet soos ek en jy in ons badkamers het. Toe eers kom ek agter daar is ‘n teel weg wat ‘n drein ontbloot. As die wasbak op sy plek staan, is die drein gelukkig versteek.
Nog iets wat my opval, is die paar slippers by elke toilet. Elke badkamer waar ‘n toilet is, het sy eie paar slippers. Jy mag nie met jou huisslippers in ‘n toilet gaan nie. Oordoen of sommer net ‘n baie higiëniese leefstyl?
Nadat ek al die toilette besigtig het, begin ek na pryse kyk. Nadat ek die eerste se prys met ons geld vergelyk, kyk ek nie verder nie. Verspot! Wie betaal tot twintig duisend rand vir ‘n ingewikkelde toilet? Tevrede besoek ek my standaard toilet met my tydskrif en weet ek is die gelukkigste vrou op aarde.

©Wilma




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    23 Augustus 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2018 – Haikoe projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 14
Kommentaar telling: 0

Ek is al 39 jaar getroud met 'n wonderlike man. Ouma van 7 kleinkinders. Baie lief vir lees, om te skryf en naaldwerk te doen.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 88 gaste aanlyn

Bydrae Totale