Jongste aktiwiteit:

Jan Bank

In ‘n koutjie
woon Jan Bank
en sy vroutjie
al tien jaar lank.

Hul deel die las
van skuld betaal,
maar met wasgoed was
en huis skoonmaak

het Jan geen saak nie.
Vroutjie lief moet verstaan,
hy nodig ‘n drankie
by aankoms, elke aand.

Sitvlak op die bank,
skoene vlak op die vloer,
afstandbeheer in die hand –
dis hoe hy boer.

Die tuin?
Dis vir Klaas
en in die huis
is ‘n onbetaalde slaaf.

© CJ Laing 12/01/2019




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed