Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Jacobsbaai sing

Deur Marisa J. Labuschagne
Datum gepubliseer: 25 Mei 2017 Aantal woorde: 170 896 Kere gelees 18

Gebore uit die wit sand, waar die son vel brand,
aan die weskus van ons land,
staan ‘n dogter.
Skoon, vars en broos, rein, vlekkeloos;
sonder die vuil van die tyd.

Tussen Saldanha en Paternoster staan sy,
trots gekleë in die baadjie van lank geleë.
Witgekalkte huisies, klipmuutjies en rotstuintjies
tooi haar in die mooiste mooi as haar
songloedglimlag die land en die see ontmoet.

Sy bars uit haar nate van pret wanneer
die blou waterwal die rotse tref en
wit wolkmis die lug inskiet.
Klein visserbootjies sing die minnelied
van die see, van verlange en hang
droomverlore op ‘n goue aanwind see.

Stofpad langs, die Herberg verby, reg tot waar jy
in pienk, geel en blou vir Wille Magrietjie kry.
Díe Magrietjie loop oor van vreugde, en met
mooi-goed, goetertjies en lag
maak sy jou dag.

 

Hier kan ek wegkruip, en
met haar kan ek sing en weer
‘n langpad aandurf, ‘n nuwe begin.
Geluk nuutgevonde in drome van gister en
die onskuldige eerlikheid
wat alles verbind.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. neels

    26 Mei 2017

    Sjoe Marisa hierdie is mos nou hoendervleis mooi

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 28
Kommentaar telling: 22

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 88 gaste aanlyn

Bydrae Totale