Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: J Y M O E T W E E T W A T J Y D O E N !

Deur Toom
Datum gepubliseer: 11 November 2019 Aantal woorde: 1431 51 Kere gelees 2

J Y M O E T W E E T W A T J Y D O E N !
Oproep aan ‘n Verantwoordelike

Jy moet wéét wat jy doen!! Ja, jy!
Jou navolger gaan
° tydens die swangerskap van sy moeder in die disko saamgejol het,
° in sy kindheid en jeug allerhand gifstowwe in sy liggaam opgeneem
het in die vorm van :
motor-uitlaatgase (nie net diesel en tweetakter nie),
sigaretrook (ook as hy in ‘n nie-roker-gesin grootword),
smog (nie net in die grootstede nie, ook op die platteland),
plantbeskermingsmiddels (ook as hy die vrugte afgewas het),
mikroplastiek, styropor-reste in sy kos (ook by bio en organies).
° Buiten die stoflike giwwe wat ons ken en kan meet, ook nog
elektro-smog wat uit elke elektriese toestel in die huis straal,
radio, TV, en afstandsbediening, selfoon, rekenaar; X-strale ook.
° Boonop kom die inwerking van sielkundige invloede soos
krutaal op die straat, in die bioskoop, selfs by die huis,
brutaliteit op skool, by sport en vermaak –TV en bioskoop,
dreunende musiek uit luidsprekers op volle sterkte,
enjins en masjiene wat raas, elektriese gereedskap wat skree
en die ononderbroke geskud en geruttel van al hierdie invloede

Ja, jy moet weet wat jy doen.
Jou navolger op jou plaas, in jou firma, fabriek, hospitaal, skool of waarokal gaan jou eiendom, dit wat jy (en jou voorgeslagte) met opgawe moeitsaam opgebou het, verrinneweer! Hy gaan al jou drome deur die modder sleep, plattrap.
Want hy gaan siek wees.
° Hy gaan oor geen uithouvermoeë beskik nie.
Hy sal nie dit kan deurdruk wat moet wees nie,
‘n jammerlappie sal hy wees wat aan allerhand fiemies ly,
wat siekverlof neem as hy die dag geen lus het nie,
‘n niksnuts. ‘n Nul.
Want jy het hom so grootgemaak.
Jy het hom van klein aan vergifte kos gegee om te eet,
‘n steriele woonomgewing wat glad en al kindONgereg is,
‘n skool wat hom ‘n opvoeding opdring wat skadelik is,1)
‘n asosiale omgewing wat sy siel ontwrig, sy gees ontvreem.
Jy het hom geleer om te VERWAG dat ny hand-en-voet bedien word, dat hy koning is oor alles wat hy sien en andere vir hom laat doen.

Hy kan niks daarvoor, niks daarteen nie. Hy weet nie van beter nie. Hy staan daar met sy agtien of twintig jare – of dertig, veertig – en het niks geleer nie. Niks wat op hierdie aarde wesentlik is nie. Niks van natuur- of sosiale wette en waardes nie. Niks van oorsaak en volge nie. Niks van verantwoorde­likheid vir sy medemense – eers reg die ongeborenes – nie. Want hy het in ‘n steriele stad-omgewing sonder broers en susters grootgeword. As enkelkind in ‘n wêreld van selfsugtige enkelkinders
Hy is volgeprop met reklame en ander ideologiese propaganda, wat sonder filter opgeneem is in ‘n tyd toe hy nie kon verstaan wat hom aangedoen is nie2, met wense en bedurfnisse van ons welvaarts­geselskap en die vuil­goed van ons weggooi­geselskap. Hy het geleer om te glo sowel in die voor­dele van ‘n wetenskap wat hy nie kan beproef nie asook die „waarhede” waarvan hy gehoor het, nie kan kontroleer nie.
Soos in die middeleeue: Gelowig, sonder om te weet hoeso.

Het ek oordryf? Is dit nie bietjie sensasioneel nie? Kom ons kyk:
° Agatha Ckristie het in die „Midde-Ooste” grootgeword en het beskryf hoe sy as kind ná die tweede wêreldoorlog deur Persië (vandag Iran) gery en langs die pad groot kennis­gewing­borde gesien het met die opskrif: „Op hierdie plaas word sedert 1940 geen DDT gebruik nie.” Op skool het ons in die vyftigerjare geleer dat by pikkewyne in die antarktis, reeds in die veertigs, duidelike spore van DDT gevind is.
° Toe ek in 2005 in Suid-Afrika was, het ek gelees dat goudmyne wat nie meer bedryf word nie met reënwater opgevul is en reeds oorloop. Water trek soos ons weet bergaf, van die Witwatersrand uit is bergaf suidwaarts in die rigting van die Vaalrivier wat ook bergaf vloei — in die Vaaldam waaruit die drinkwater vir die Witwatersrand getap word.
° Om dieselfde tyd sien ek hoe vliegtuie „chemtrails” in die lug strooi, wat dan op die grond kom lê, op enige vlakte, akker, koffiekoppie, oral.
° Ek kan nie vrugte uit Suid-Afrika vir my vriende aanbeveel nie. Dit is bestraal, vir die „houdbaarheid”, en lyk vars en lekker op die rak. By die huis aangekom is dit egter bitter of vrot. Dit het ek by lemoene van „Makulu” (vroeër „Outspan” neem ek aan) beleef. Teenoor alle lojaliteits- betuigings kan ek dit mos nie my gaste aanbied nie.
° Byna ‘n halfeeu gelede het ek ervaar dat die visse uif die Noord-See nie verteerbaar is nie: Daar is soveel vuilis in die water, wat nie met die getye weggespoel kan word nie dat dit vir die visse is asof hulle in hul eie kleinhuisie woon. Masjienolie, nywerheidsafval, plantgiwwe van die landbou, huisafval van die munisipaliteite, rioolwater van die hotels en heelwat meer.
° Die water in die Oos-See is nog erger: Die uitriul­moontlik­heid is uiters gering want dis byna ‘n geslote sisteem met ‘n smal bottelnek by Skandinawië as uit- en inlaatklep tot die verdrekte Noord-See.
° Die water in ander seë en oseane is glad nie beter nie. Die kril wat, weens sy hoë waardevolle Omega-3 inhoud, in die antarktis se ysige dieptes gevang word, is deurspek met mikroplastiek.
° Die water van die Indiese Oseaan aan die Suidkus naby die rayonfabriek is soseer vergif dat die delfynwyfies se eersgeborenes deur die bank doodgeboortes is.
° Amper vyftig jare gelede lees ek dat die Rynrivier elke somer wil-wil „oorslaan” in ‘n rioolkanaal. Dit het rêrig gestink. Die Franse het aan die ander oewer nog minder vir die „omwêreld”, die natuur om ons gedoen as die Duitsers.
° Die baai van die vakansie-eiland Mallorca in die Middel­landse See ís ‘n rioolpot: Die afvalle van honderde hotels, van ongetelde besoekers se motorbote, van weeklikse kruis­vaart­skepe met duisende passasiers aan boord. Om van die eindelose sigaret­stompies, bier­blikke, wyn­bottels, snesies en ander „beskawings­vuil­goed” nie eers te praat nie.
° Die Europeërs het verskillende vuilis­emmers vir verskillende soorte vuili­goed. Vuilis­sortering noem hulle dit: In die „geelsakke” vul hulle plastiek- en soortgelyke verpakkings in, blikdose en anderes wat in ‘n fabriek afsonderlik gesmelt kan word om nog ‘n keer gebruik te kan word. Te kán word. Nou die dag verskyn ‘n artikel oor berge van geelsakke wat in Malaysia se oerwoud opgeduik het – die omsmelt­fabrieke kan die massas van recycling-afval eenvoudig nie kleinkry nie. Twintig, dertig jare gelede al was ‘n artikel oor geelsakke wat in die Makarikari-pan gedeponeer is.

Hierdie bedorwe kind van vandag gaan môre as volwassene jou onder­neming oorneem. Hy gaan jou klein­kinders nog erger verderf en vergif. Is jy daarmee tevrede? Het jy genoeg­doening? Is jy bly daaroor?
Net jy kan self besluit of dit dít is wat jy nastreef. WIL jy werklik dat hy willenloos toesien hoe alles wat jy opgebou het laat verkom? Hoe hy, sonder om iets boses te dink, alles deur die vingers laat gly? In die hand miskien van iemand anders wat netso onbekwaam is om iets deur te voer, nie omdat hy kwaad­willig is nie, maar omdat ook hy siek is, vol met die gif wat jy (en jou tydgenote) veroorsaak het en veroor­saak. WIL jy werklik dat sy kinders, dis nou jou klein­kinders, so swak en onbeholfen deur ‘n lawine van siektes oorrol en verpletter word?
Dit is wat gaan gebeur as jy so aangaan soos tot nou toe!
En dis net ‘n klein uitsnit uit die wêreld se veelnoudige en komplekse same­hange met ‘n bevolking van byna agt-miljaard ewe anfällige mense.

Andersins moet jy NOU sonder om te versuim iets begin DOEN!
Of dit nou vyf voor twaalf is of reeds vyf na – daaroor wil ek nie stry nie. Iemand kan sê dat Greta Thunberg en die ander tiener, wat die vuilis uit die oseane met ‘n soort treilnet-prinsiep wil sif, alreeds daarby is om die aarde te red. Dis natuurlik onnosel om so te dink! Wat hulle doen is woorde sê. Totnoutoe het geen DADE plaasgevind nie. Dis maar eers twee mense. En hulle is nog kinders, hulle sal hulle mos gou weer aanpas, nie waar nie? Die dade moet deur ‘n volwassene gedoen word.
En dis jy. Ja, jy! En jou tydgenote.
En ek, ja ek.

Wat kan ons doen, saamdoen – want ons wéét mos wat op ons toekom?
1) Soos dit in die film MONSIEUR LAZHAR getoon word, bv.
November 2ß10___ † _________tje




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Kiekies

    11 November 2019

    Sjoe, om alles so tesame in een rubriek te lees is oorweldigend! Ek knyp vir ‘n rukkie my oe toe. Ons moet lank en deeglik dink!!

  2. Toom

    12 November 2019

    Ongelukkig is ons dinktyd verby. Ons moet iets doen!
    Nou doen. Dadelik.
    Ons het lank genoeg tyd gehad om te dink. Ons moet ons ,ompool’ en ‘n geheel-en-al anderse lewe voer.
    Wat ek momenteel doen is ook slegs ,woorde praat’.Daar moet dade volg.
    Nou!
    GvT

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 202
Kommentaar telling: 199

Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 115 gaste aanlyn

Bydrae Totale