Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Intermezzo in die huis van donkerte II

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 21 Januarie 2020 Aantal woorde: 166 44 Kere gelees 1

Kraaibekman moes allermins tot die allerminste,
behaag wees met die buidel :
Die Uwe Mnr Taks Getaks; sy koelrond,
bleskop-boebpens-baas sit en raas-

As ‘n Gedorie sy naam sou hoor
het hul skoon hul spore verloor
en mens sou glo ‘n Ditt kon toor,
die mol se gat is skoon verloon

“Bring die potte, rook die sotte en brand die motte”
sou Mnr Taks rond peins;
die heel huis is vol dowes,
hul luister na sy gesuis en druis-

“So ‘n laksman, so ‘n taksman so ‘n bloedbetapte vraatman”
het die kraaibekkoor hul verstand verloor;
blykbaar het ‘n Ditt getoor
en die Kraaibekman kon hul nie vind …

Gedories sou almal juig “batsa, batsa, aitsa aitsa ha-ha!”
“die man met sy boebpenslyf lê al te styf,
die Kraaibekman het sy koor kwyt,
en toor nog ‘n Gedorie” sou Ditt weer hoor!

“Bewys my nie my wysheid nie, maar wys my jul dwaasheid”
kerm Mnr Taks Getaks,
“Ellende, ellende lê jul voor,
dis ‘n gemoedsbekakte koor!”

©Morné du Preez




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Seirdna

    21 Januarie 2020

    Hoe lekker lees en lag ek nou!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 82
Kommentaar telling: 56

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 26 gaste aanlyn

Bydrae Totale