Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: INLIGTINGSTUK: Stergradering, Projekte en Opleiding

Deur Inkmoderator
Datum gepubliseer: 13 Maart 2018 Aantal woorde: 579 299 Kere gelees 4

Beste INKers

Die bestuur het dit goed gedink om ‘n paar huishoudelike veranderinge aan te bring. Dit is natuurlik op hierdie stadium steeds oop vir julle opinie, en daarom wil ek julle by die aanhef hiervan uit nooi om daaroor te kommunikeer indien die voorgestelde wysigings verwarrend blyk te wees.
Die veranderinge in werksaamhede sluit in:
1. Die Stergradering,
2. Die wyse waarop projekte beoordeel en gekrit gaan word,
3. Die Krit/Opleiding afdeling op die wenwerf.

STERGRADERING:
Aangesien sekere lede reeds gevorder het en in nuwe kategorieë geplaas is, het ons, ter wille van gesonde kompetisie, dit goed gedink om elke lid op sy/haar eie meriete en status te beoordeel. Met ander woorde, lede wat nog in die brons afdeling geplaas is sal slegs met ander lede in dieselfde afdeling kompeteer, silwer met silwer, goud met goud en meesters met meesters. Almal neem aan dieselfde projekte deel, maar elke ‘graad’ sal afsonderlik kan kompeteer vir ‘n 1ste, 2de en 3de plek. Ons moet toegee dat daar meer gesoute skrywers en digters is, en dit lei tot ‘n onregverdige platform vir almal. Niks verander aan die wyse waarop die moderator die werk onder oë kry nie. Dit word steeds naamloos gelewer en so beoordeel.

KRIT VAN PROJEKTE:
Vanaf die 1ste April 2018 sal die uitslae en volle kommentaar vir elke inskrywing onder die titel: MAANDELIKSE PROJEK: UITSLAE verskyn, onder die naam van die moderator. Die bestuur sal dan die name van die wenners bekend maak.
Dit sal dus ook as opleiding dien om jou te help met toekomstige inskrywings. Die kommentaar gaan eerlik en STRENG gedoen word maar daar sal genoegsame komplimente gepaardgaande wees.
Daar mag SLEGS DRIE (3) inskrywings per lid aan die projek gekoppel word.
Die basiese reëls van digkuns sal STRENG toegepas word tesame met genoegsame leiding wat spesifieke opdragte betref.
Dit is belangrik dat jy ag slaan op kommentaar sodat jy daaruit kan leer.

KRIT/OPLEIDING:
BELANGRIK: Jy mag nie werk hier plaas wat vir projekte ingeskryf is nie. Hierdie afdeling dien as addisionele hulp maar kan nie leiding gee aan werk wat vir projekte geoormerk is nie.
Daar word gemerk dat lede hul werk plaas vir krit/opleiding en dan geen reaksie toon op die moderator se terugvoer nie. Dit is teen-produktief en maak dié afdeling sinneloos. Die reël is soos volg:
a. Jy plaas jou werk in hierdie afdeling.
b. Die moderator lewer kommentaar.
c. Jy stuur ‘n persoonlike boodskap op INK na die Moderator om die voorstelle te bespreek.
d. Die moderator antwoord jou. Julle korrespondeer tot ‘n finale ‘produk’ bevestig is.
e. Jy gaan terug en redigeer jou werk indien dit so besluit is, want waarom anders sou jy aan die proses deelneem?

Ek wil almal aanmoedig om van al die instrumente gebruik te maak om daagliks te groei in die kuns van skryfvaardigheid. Raak betrokke by jou mede lede se werk, lees, lees en lees. Die belangrikste deel van skryfwerk, hetsy poësie of prosa is LEESWERK. Hoe meer jy lees, hoe meer word jy bewus van ander idees, menings, style, invalshoeke ens. ‘n Aktiewe lees kultuur help ook skrywers om die geykte te identifiseer en vernuwend te dink oor hulle eie skryfwerk.
Stuur gerus julle vrae na inkmoderator@gmail.com dan kan ons dit op die forums bespreek. Die epos adres mag NIE gebruik word om gedigte te krit nie, tensy daar persoonlike kontak en toestemming tussen uself en die moderator verleen is.

Skryf in Afrikaans – ‘is mos lekker!
INKmoderator




  • TEMAS
    4 Kommentaar
    1. Viooltjie

      Maart 9, 2018

      Dankie vir die inligting, Anze. Gaan julle steeds ‘n digter van die jaar aanwys, of dalk een vir elke kategorie?

    2. Viooltjie

      Maart 9, 2018

      Waar sien ‘n mens in watter kategorie mens val? 🙂

      • Anze

        Maart 10, 2018

        Viooltjie in die Biblioteek is daar projekwenners, soek jou naam onder gedigte. Jy skuif nou in die Goue klas in, baie geluk, ek hoop daar is binnekort sommer nog n hele klomp lede wat kan opskuif

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 20
    Kommentaar telling: 125

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 55 gaste aanlyn

    Bydrae Totale