Jongste aktiwiteit:

INK DIG & SKRYFKOMPETISIE 2021 – 15 Februarie 2021 – 30 Junie 2021

Ink Skryf in Afrikaans (www.ink.org.za) bied vanjaar weer ‘n dig- en skryfkompetisie aan waarvan die beste gedigte en kortverhale in spogbloemlesings opgeneem gaan word, naamlik INKSPRAAK 2, INKSPRAAK 2 SKOLIERE EN INKSPRAAK 2 KORTVERHALE.

Die FAK (http://www.fak.org.za/), AfriForum (https://afriforum.co.za/) Taalmonument (Groen Galery) http://www.taalmuseum.co.za/groen-galery/  met Historium Trust en Afrikaans.com  is  van ons hoofborge en die top twaalf inskrywings sal in 2021 in hulle tuin uitgestal word. Maroela Media wat vir ons mediadekking gaan gee. FAK se Flinktydskrif gaan dan ook media dekking gee aan die wenners.

Die hoofdoel van hierdie kompetisie is die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste(www.ink.org.za) om meer oor INK te lees.

Reëls:

1.Die kompetisie is oop vir alle persone van enige ouderdom. Hierdie is ‘n internasionale kompetisie en nie slegs vir INK-lede nie. Inskrywings word per e-pos gestuur, maar deelnemers is welkom om ‘n gratis profiel op die INK-webtuiste ( www.ink.org.za ) te registreer.

2. Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte en kortverhale van deelnemers mag ingeskryf word.

3. Geen gedigte of kortverhale waarop reeds kopie- of enige ander regte deur enige buitestaander gehou word, mag sonder die skriftelike toestemming van die sodanige party ingeskryf word nie. Deelnemers aan hierdie kompetisie en/of hulle ouers/voogde vrywaar die aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname.

4.1 Volwasse digters kan soveel inskrywings instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie.
Die inskrywingsfooi beloop R30 per gedig. (Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie).

4.2 Skoliere kan soveel gedigte en/of kortverhale instuur as wat hulle wil. Daar is geen beperking op die hoeveelheid nie.
       Die inskrywingsgelde beloop R30 per gedig en R50 per kortverhaal (woordtal: 1 000 tot 1 500 woorde per kortverhaal).

4.3 Skrywers het ’n oop tema. Inskrywings is onbeperk en skrywers kan soveel verhale instuur soos hulle verkies.
       (woordtal: 1 000 tot 1 500 woorde per kortverhaal) Inskrywingsgeld beloop R50 per kortverhaal.

Inskrywingsgeld word in die volgende rekening inbetaal met die digter se naam en van as verwysing:

FNB – Modimolle
Ink in Afrikaans
Besigheidsrekening
Rekeningnommer: 625 885 95036
Takkode: 260 247

Stuur asseblief ’n bewys van betaling saam met jou inskrywings na: skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Die afdelings waarvoor ingeskryf kan word, is soos volg: (hoeveelheid in elke afdeling onbeperk)

Afdeling A: Ballade
Afdeling B: Elegie
Afdeling C: Sonnet
Afdeling D: Vrye vorm en rym

(Deelnemers kan self kies of hulle byvoorbeeld onder Sonnet ‘n Italiaanse, Franse of enige ander tipe sonnet wil inskryf.)

5. Die inhoud van die gedigte en kortverhale mag oor enige onderwerp handel. Gedigte en verhale moet in algemeen beskaafde Afrikaans wees.
Taalvermenging word slegs aanvaar indien dit in die konteks van die boodskap wat die digter wil oordra, verantwoordbaar is.
Gedigte wat laster en/of onwelvoeglike taal bevat, sal nie vir beoordeling aanvaar word nie.

6. Gedigte mag nie langer as 24 versreëls elk wees nie.

7. Elke inskrywing moet gestuur word in ’n aparte Microsoft Word-dokument na die volgende e-posadres: skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com

Die onderwerp (subject) van die e-pos moet duidelik gemerk wees: Ink Kompetisie 2021 + die digter se naam en van.
– Elke gedig moet van ‘n titel (in bold) voorsien word.
– Font: Arial
– Groot: 10 punte
– Kleur: Swart op wit agtergrond
– Spasiëring: Enkel
– ‘n Oop lyntjie moet tussen strofes gelaat word
– Moenie elke versreël met ‘n hoofletter begin nie, behalwe as die gedig doelbewus so geskryf is
– Moenie foto’s of prentjies aanheg nie
– Gedigte met lang verduidelikings onderaan sal gepenaliseer word. ‘n Kort verwysing na ‘n woord of term (bv. ‘n Latynse frase) is wel toelaatbaar.

8. Die volgende inligting moet onderaan elke gedig/kortverhaal verskyn:

– Die skrywer/digter se naam en van;
– Die dorp/stad waar hy/sy woonagtig is;
– Die kontaknommer en e-posadres van die skrywer/digter; en
– Die afdeling waaronder die betrokke gedig ingeskryf word.
– Die inskrywing moet duidelik gemerk wees: Volwassenes of Skoliere / Kortverhale.

(Let wel: Deelnemers se name en adresse sal nie aan die beoordelaars getoon word nie. Alle beoordeling word anoniem hanteer.)

9. Beoordeling:

– ‘n Onafhanklike paneel wat die INK moderators, Karen Zoid, die bekroonde skrywer Jackie Nachtegaal, Anton Bosch, Ronel Marè Dunn, Nico Schamrel en Bets Koen insluit, beoordeel die inskrywings. Die beoordelaars se besluit is finaal, en geen verdere korrespondensie sal gevoer word nie.

10. Die beoordelaars behou die reg voor om, indien daar na hulle mening te min inskrywings is, of as die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie spesifieke afdeling aan te wys nie.

11. Die prysgeld beloop soos volg:

Algehele Wenners : R3,000  + ’n trofee
Naaswenners : R2,000
Afdelingspryse: (Slegs by gedigte) : R1,000 elk

12. Die beste gedigte en kortverhale wat aan die beoordelaars se standaarde voldoen, word in die onderskeie publikasies gepubliseer. Weens hierdie rede gee deelnemers toestemming vir publikasiereg aan INK asook die uitgewers ten opsigte van die gebruik en publikasie van enige gedigte/kortverhale wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word.

13. Prysuitdeling: Die bekendmaking van die wenners, die oorhandiging van die pryse en die bekendstelling van die bloemlesings INKSPRAAK 2 sal tydens die jaarlikse INK gala aand 13 November 2021 by Royal Elephant Lodge in Centurion PTA geskied. Kort daarna sal die wenners ook op sosiale media bekend gemaak word.

14. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2021. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie, ten einde die beoordelaars genoeg tyd te gee om deur al die inskrywings te werk.

15. Navrae kan gerig word aan skryfafrikaans@ink.org.za OF anzebez@gmail.com




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed