Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Indrukke: Verbeel jou dis somer deur Abraham H. de Vries

Deur Carin Marais
Datum gepubliseer: 1 Junie 2016 Aantal woorde: 248 852 Kere gelees 6

“Ek ken min skrywers wat ’n mens so bewus kan maak van die onafheid van alles, die gebrokenheid van die wêreld.” – Joan Hambidge

“Die ernstige De Vries skryf pynlike, maar kragtige verhale.” – Louise Viljoen

Ek het Verbeel jou dis somer by my plaaslike Exclusive Books aangeskaf en is nie teleurgesteld nie. De Vries se kortverhale bly vir my puik voorbeelde van die Afrikaanse letterkunde en hierdie bundel toon net weer hoekom hy so ’n geliefde skrywer is.
Die verhale in die bundel is egter almal donker en somber, so moenie verwag dat hierdie bundel ’n “goedvoel” versameling is nie. Hoewel dit in 2009 uitgegee is, is die sosio-politiese probleme en vraagstukke nog net so toepaslik soos wat dit toe was – indien nie selfs méér van toepassing is nie.
’n Veranderende (kwynende?) landelike leefwyse, geweld, die onafwendbare verloop van tyd, spoke van die verlede en die onthou van gebeurtenisse en geskiedenis word elk in die bundel aangeraak. De Vries se verhale, deur sy meesterlike skryfwerk, word baie meer as net sketse of kontreiverhale, dit word die verhale waarmee elke Suid-Afrikaner en leser hom- of haarself op een of ander stadium mee kan vereenselwig. En dít is tog een van die sterkste punte en saambindende elemente van enige verhaal.
Ek kan Verbeel jou dis somer hoog aanbeveel vir liefhebbers van die letterkunde in die algemeen en nie slegs van die kortverhaalkuns nie.

Bron:
De Vries, H.A. (2009). Verbeel jou dis somer. Kaapstad, Human & Rousseau.




TEMAS
3 Kommentaar
  1. Anze

    1 Junie 2016

    dankie vir hierdie mooi resensie, ek gaan snuffel tot ek van sy werk kan opspoor

    • Carin Marais

      2 Junie 2016

      Ek is seker jy sal van sy werk hou! 😀
      Het nogal nou die dag hierdie einste boek by ‘n Crazy Store gesien!

  2. Eduard Smith

    25 Julie 2016

    🙂

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 26
Kommentaar telling: 42

Carin Marais skryf vonkfiksie, kortverhale en rubrieke en is tans besig met haar eerste roman.  Haar blog kan gelees word by www.maraiscarin,com Volg haar op Twitter by @CarinMarais of Instagram by @CarinMarais1

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale