Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: In my hande (brons afdeling)

Deur Callie Vermeulen
Datum gepubliseer: 28 Junie 2018 Aantal woorde: 68 322 Kere gelees 3

my hande, krampagtig geklem om jou beeld,
kramp en sweet, my kop geboë in verlange;
verwagtinge eens so groot soos die son –
my lippe wat sukkel om die woorde te sê,
uit dieptes vanwaar die seer soos mos kom lê.
slegs my oë praat in strome stomme eggo’s;
trane wat losweg biggel oor my wange se rante
gee trane aan jou foto, geklem in my hande.

©callie 2016




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    29 Junie 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2018 – Poëtiese orde projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 25
Kommentaar telling: 208

Het op skool alreeds begin skryf en 'n liefde vir tale gehad. Gedigte was deel van hierdie groeiperiode. Het toe 'n lang droogte tydperk beleef van etlike jare. Middel 2015 het ek weer die pen opgeneem en ernstiger begin skryf en dig en myself begin uitleef in rym en in woord.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 176 gaste aanlyn

Bydrae Totale