Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: In ligte laaie lê jou baai.

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 18 April 2019 Aantal woorde: 141 85 Kere gelees 1

Geskryf 14 januarie 2019

O Herder goed en groot,
U profete het onder U staf deurgeloop.
Bettie, Frans, Gans en Pringlebaai,
sinnebeelde in die wind verwaai.

U het gesê U gaan ons doop,
met die Heilige Gees en vuur.
Maar Here hoe kan dit wees,
hierdie is die Kaap van Goeie Hoop!

Mense rumoer, baklei en stry.
Wie gaan hier die blaam voor kry?
Had ek maar met goud gebou,
kon die vure kom, my huis sou hou.

Dan hoor ek U stem hier by die deur.
Trek jou aan en maak gereed.
Hierdie is ‘n aardse vuur,
nie die een wat ewig duur.

Geskryf 15 April 2019

Die wind het nou gedraai,
kerke wat die Woord moet saai –
word ook nou deur die vuur geskud-
Is almal maar ‘n aardse hut.

Verganklikheid met onverganklikheid beklee!
Wagters op die mure wat Sy boodskap skree.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Anze

      April 19, 2019

      Wow.. dis ‘n hoendervleis mooi gedig

    2. Margaret Cordier

      Mei 13, 2019

      Dankie Anze….waardeer

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 16
    Kommentaar telling: 11

    Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

    Gebruikers Aanlyn

    2 Lede, 2,859 gaste aanlyn

    Bydrae Totale