Titel: in kleur
Deur Tearlach

–
mens gemaakte goggas
land op mars en neem fotos
iets uit strokies prente van weleer
vir eerste keer kom daar fotos in kleur
verder as vier en vyftig miljoen myl
deur digitale kommunikasie aan
–
hier onder ons voete druis en kook
die aarde se magma in rooi gesmelte rots
hier en daar kook dit oor en blaas hoë boë vuur
nog laer swem visse of ongelooflike dieptes en leef
waar mens gladnie kan vertoef of oorleef
towery kry nie meer die skuld
–
mense sterf soos vlieë van pandemies
lande word uit hoogvlieënde vliegtuie bespuit chemies
soveel dat ongehoorde sneeustorms begin val in woestyne
sneeu wat meters dik val en chemiese stowwe dra en selfs brand
gaan mens nou ander blyplek soek omdat hul aarde verwoes
verklaarde doelstellings om mense te verminder
–
hoeveel aarde is daar oor vir die wat gaan bly
hoeveel suurstof oor vir wat nog kan asemhaal
hoeveel water oor vir die wat daarvan moet lewe
hoeveel hoop vir die wat nie weet van die hiernamaals
–
©Teárlach