Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: In die pyn-see van slagting

Deur Palet
Datum gepubliseer: 2 Maart 2017 Aantal woorde: 92 184 Kere gelees 4

Haar asem snak
deur haar moeӫ lyf
voor sy ploffend neerslaan
in haar vier spore dood

Geskend
Gemartel
Verneder
Onskuld verwronge

Kan daar ooit regverdiging wees
vir hom wat leeg is in die gees?
Hy wat alles kom verniel
is daar in hom ń reine siel?

Iewers in die bos
hardloop ‘n renoster wesie verskrik
hy ruik die dood
in sy eie ma se bloed

Die klowe word pers
en die hange drup rooi
‘n renoster se horing
met ‘n panga weggeroof

Die wreedheid
en brutaliteit
is dit die prys
van goud werd?




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Viooltjie

      Maart 2, 2017

      Baie treffend geskryf, Palet. Goeie sosiale Kommentaar 🙂

    2. Palet

      Maart 3, 2017

      Dankie

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 261
    Kommentaar telling: 309

    Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 95 gaste aanlyn

    Bydrae Totale