Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: IMMUNITEIT en KWARANTYN Deel 3

Deur Toom
Datum gepubliseer: 26 Julie 2020 Aantal woorde: 862 116 Kere gelees 3

 

IMMUNITEIT en KWARANTYN

Deel 3

Hoe gaan dit nou lyk wanneer die wêreldwye doodbringende, besmetlike siekte verby is? Wat gaan oorbly? Sewe, miskien ses miljiard mense met vrolike gemoed wat optimisties in die toekoms kyk? ‘m Wêreld met drie of vier miljard stinkende lyke wat opgeruim moet word? ‘n Geselskap met infrastruktuur wat werk, treine wat loop, telefone wat lui, winkkels om brood te kan koop, hospitale met suiwer beddens waar dokters en verpleegsters hul werk kan doen?

Of chaos?

Waarskynlik iets êrens daartussen.

¿?___╦╩🗺╦╩___¿?

Ek wil nie die ewige doemprofeet speel nie. Ek wil liewer soek na ‘n uitweg vir die besmette liggame en die verwonde siele war daar gaan staan en ‘n nuwe opbou waag.

Wat gaan ons nodig hê? Ons as geselskap, ons as enkelinge? (Elkeen sê daartoe ek”.) Wat ek self nodig gaan hê, is ‘n warm droë plek om te slaap, voedsel en water, ons daaglikse brood” sê ons mos. Sekere, aardse grondlae vir ‘n bestaan op hierdie aardbol. Dan omgang met mense met wie ek kan klaarkom – wat met my kan klaarkom! Daar is ons reeds by ons” aangekom.

Van verskeie mense het ek al gehoor dat die mense, nie net vriende en bure nie maar ook vreemdelinge vriendeliker en gawer met mekaar omgaan. Dit het my laat dink aan die tyd toe ek per fiets deur die Nederlande gery het. Daar was (is) ‘n ander toon wanneer hulle met vreemdes praat, byvoorbeeld buitelanders wat nie die taal goed praat nie en nie die vanselfsprekende dinge van die lewe ken nie. Hulle is in hul daaglikse lewe van mekaar afhanklik. As die dyk breek, moet hulle op mekaar kan staatmaak. Die water gaan nie een soort mense laat lewe en die origes laat verdrink nie. Almal is in dieselfde penarie, en helpmekaar” is boonste gebod. Die knapie wat uitgehou het met sy vinger in die gat in die dyk is ingebrand in die geheue van elkeen, reeds van kleinkind aan. Niemand praat daaroor nie, niemand dink daaraan nie. Dis asof daai soeterige kinderstorie lankal vergete is. Maar hy is daar, ingebrand. En sóú iets gebeur, kom die boodskap daarvan dadelik na die oppervlakte van die bewussyn.

¿?___╦╩🗺╦╩___¿?

Wat het die Duitse Bondspresidenr bedoel, toe hy sê dat die ervarings wat ons nou maak nuttig gaan wees in die nuwe, anderse wêreld wat ons daarna moet opbou? Het hy gemeen dat ons nóg vinniger digitalisering moet op- en uitbou? Dat home office” doetreffender en, wat pßersoneel- en huurkoste aangaan, heelwat goedkoper is as duur kantore met die verbonde onkoste? Dieselfde by skole en home schooling”? Datn slank bestuur” vir die bestuurslede van bedrywe en nywerheid, met korttyd aanstellings (jobs”) en minimum loon en reduseerde verlof ingevoer moet word? Dat die klein mannetjie daarbuite (buite die parlement) op die straat pad moet gee vir die multinasionale konserne wat ons in elk geval” beter sou kan bedien?

Of het hy aangedui dat die mense (nie juristiese persone nie) mekaar sal moet bystaan, juis soos ons dit nou in die tyd van nood doen? Dat ons by Papadoupolis en Perreira op die hoek of by Agmat se waentjie en die boer se stand op die mark ons inkopies doen en nie by een of ander anonieme grootverdiener wat sy miljoene-bonus kry – ook in hterdie tyd?

In verskillende gelowe staan geskrewe dat as jy een mens se lewe red, is dit asof jy die hele mensdom gered het. As een mens ‘n snesie in die hand van een andere, wat nie ‘n masker net nie, druk sodat hy ook in die winkel kan ingaan en brood koop, dan het hy nie die mensheid gered nie, ook nie Holland in nood” nie, maar hy het ‘n bydrae gelewer in die rigting van die opbou van die nuwe wêreld wat moet kom.

¿?___╦╩🗺╦╩___¿?

Dit moet ‘n wêreld wees met geregtigheid – nie net wette wat blindelings toegepas word, nie net reg nie maar geregtigheid – met ‘n staat wat deur ‘n verkose parlement regeer word – nie deur lobbyiste wat geld slaan uit gierige lede wat deur nie-wetende burgers gekies is nie: Regering deur lobbyiste! Dit moet ‘n staat wees wie se volmondige burgers eerbare, betroubare mense gekies het om hulle te verteenwoordig – en dit ook dóén.

Dit moet ‘n wêreld wees waar die mense as mens mekaar vertrou en versorg. Waar die mens die maatstaaf van alle dinge is – nie sy „finanisële waarde” nie. Eers reg nie as Playmo-mannetjies in ‘n Lego-landschaft nie.

Dis slegs lewende mense wat soiets kan volbring, nie steriele masjiene met virtuele kennis” en waardes nie, soos die opvoedkundiges alreeds verkondig: Dat om oor masjiene te leer nie eers ‘m kwart van die opvoedkundige waarde het van die bekende klaskamer met oog-in-oog” onderrig onder mense nie.

Kortom: Ons moet ons menslike waardes weer terugkry: Met die natuur en nie die masjien nie leef. Ons moet dit herower en insit in ons lewens, waar dit onder die ou stelsel verlore gegaan het. Ons moet leer om mét die natuur te leef en te streef. Nie téén hom te veg nie.

Dít sal ons help om die komende krise te oorleef.

¿?___╦╩🗺╦╩___¿?

 




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 207
Kommentaar telling: 209

Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 108 gaste aanlyn

Bydrae Totale