Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: IMMUNITEIT EN KWARANTYN, Deel 2

Deur Toom
Datum gepubliseer: 5 Junie 2020 Aantal woorde: 994 136 Kere gelees 5

IMMUNITEIT EN KWARANTYN
Deel 2

En nou die ergste, die psigiese kwaal, die siel se ontwrigting wat kom weens die ingeslötenheid, die afgegeskeidenheid by massa-kwarantyn. „Mamma, war kan ons doe-oen?” Die ergste wat ek gelees en gehoor het, is om iets uit te dink wat die tyd verkort. Bloots nie die dag-ure op een öf ander manier ombring nie!
Daar’s geen skool meer, geen kindertuin, geen werk by die fabriek of in die winkel nie. Ons het dog „Home office” ja, maar ‘n straatveër kan mos nie in die woonkamer sy besem swaai nie, of ‘n pomp-jokkie sy petrol verkoop, of ‘n hotelklerk sy gaste ontvang nie. Die mense is UITgesluit en gelyktydig INgesluit, ingehok – soos in die tjoekie. En ons weet uit berigte, die swaarste straf is om eensaam opgesluit te wees. Die eerste ligpunt: Ons is, die meeste van ons, nie totaal alleen nie, ons het familie en bure, met wie ons „deur die heining” of „oor die draad” kan praat.

————-

Hier is waar ons ons kreatiwiteit aansit. Natuurlik kan ons die ekstra-blaaie in die koerant gebruik om die kinders so-em-soveel ure of minute stil te hou (hoeveel, ‘n halfuur, twintig minute, tien?). Dis goed om die dag voruit te beplan en miskien ‘n lys op te stel met duidelike doele:
° „Julle het mos seSotho op skool, en jy’s nie die beste nie. Vandag word geoefen. Oupa kan jou help; agt tot hege-uur.” Enige skoolvak. Ek ken nie ‘n gesin met net A’s op die rapport nie, en daar is seker een van die volwassenes wat kan help as dit nodig mag wees.
° „Eindelik het jy nou tyd om jou kamer / jou fiets / jou skoene of wat-ook-al in orde te bring; nege tot tien.” (Bed opmaak / skottelgoed was. . .)
° Ander werkies in en om die huis: Laaste keer gras sny voor winter / onkruid in die oprit / en allerhand wintervoorbvereidings wat daar is: Appelboom snoei / dooie hout uit die perskes / herfsblare. . .
° Daar is, soos elke huisbewoner weet, altyd iets om in huis en werf en tuin te doen, of vir die kinders of die ouers — én vir oupa en ouma ook! Die roosbedding / die lapa / eindelik die vensterrame met verf opvris / die tuinhek se roeserige skarnier / die krapmerk in die motordeur / joghurt-bekers versamel om die tamatie of pampoen-pitte later in te plant. . .
° Verjaarsdagsgeskenk vir Tannie Trix, al is dit eers in Augustus, kan nou voorgeneem word – ‘n serp of tjalie word nie sommerso in twee dae klaar gebrei of gehekel nie. . .
° Vir bewoners van kamers en een-kamer woonstelle in veel-verdieping bloks is dit ‘n besondere uitdaging:
° Beweeg jou soveel moontlik, byvoorbeeld deur heen en weer te loop as jy tlefoneer, die gang op en af stap, van kamer tot kamer, of, as dit slegs een kamer is, minstens van hoek tot hoek diagonaal / haal die tas van die klerekas af, die koffer onder die bed uit en sorteer die inhoud / dans ‘n paar passies met die radiomusiuek saam. . .
— Dis moontlik om klein verbeterinkies – ook as dit nie eie meubels en uitrusting is nie – hier en daar aan te bring: Muurpapier wat afskilfer, aankleef / ‘n los plank in die vloer vasspyker / vensterbank skuur en poleer. . . Dit kos min geld maar verbeter die „woonkwaliteit” van die woning en brei ‘n helderder glans uit in die komende herfs en winter.
— Dit gee alleenstaandes die geleentheid om eindelik regtig te swot vir die volgende eksamen of bevordering en/of sport-, politiek- of kuns-stap waarna hulle streef.
— Kuns- en wetenskap-geïnteresseerdes kan nou in rus en vrede aan hul nuwe skepping werk, of skildery, lied, gedig of energie-spaar-model. . .

———-

Iemand kan sê dat dit alles vanselfsprekend is, dat dit onnodig is om daaroor te praat. Wat belangrik is, is dat die dag ‘n gereëlde afloop kry. Dat óns die dinge in die hand neem, dat ons besluit wat ons wil en gaan doen. Dat ons nie deur buitestaande invloede verplig word nie. Elkeen van ons. Andersom word ons soos Oom Hans se teelbul aan die neusring gelei; dan word ons gou genoeg speelbal vir ander magte en kan stapelgek word. Soos die liggaamlike weerbaarheid teenoor gifstowwe moet ons ‘n immuniteit ontwikkel teenoor aangrypers wat ons siele wil vergif.
Die Duitse Bondspresident het op Saterdag voor Paasfees in ‘n rede aan die nasie gesê, hy meen dat die wêreld ná die virus-ramp ‘n geheel-en-al andere wêreld gaan wees as wat ons ken; die ervarings wat ons maak en nog gaan maak moet ons gebruik om die nuwe wêreld op te bou. Daar het hy gemeen dat ons ons noual só sosiaal gedra soos nie tevore nie, En dit gaan nodig wees in die tyd daarna.
° Sosiaalwees: Wat kan ons nóú doien om die geselskap te bevorder wanneer die kar weer op sy wiele staan, wanneer die aarde weer rustig om sy pool-as draai? Dit hang natuurlik af van watter beperkings heers, juis daar waar mens woon [land, provinsie, dorp of distrik] se reëlis moet natuurlik ingehou word:
— Die jongspan met fietse kan vir die bure inkopies gaan doen, medisyn van die apteek haal of net die pos van die briewebus na die huisdeur dra.
– ‘n Paar sakke lemoene aan die padrand koop en in die lokasie gratis uitdeel. . .
– Vir Oupa Koot of Tanmie Sarie gras sny, herfsblare hark / vir Kleinsus voorlees / vir Kleinboet sy driewiel repareer. . .
° Toekomstiges: Hoe die wêreld gaan lyk wanneer die spook verby is, kán niemand weet nie.
Ás dit nou werklik die wêreldwye verbreiding van ‘n ernstige siekte is, gaan ons nie na vier weke — of vier maande – tot „normaliteit” terugkeer nie. Ons moet die uitwerkinge afwag. Ek self gaan níe daarvan uit dat dit ‘n „papiereend” is nie, ‘n opgeblase begewenheid wat die media uitslag om die sensasiewaarde uit te buit nie.
Hoe gáám die wêreld dan lyk, polities, sosiaal, industrieel, ekonomies? Én persoonlik – vir elkeen van ons enkelinge?
[Einde van deel 2.]

————




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 207
Kommentaar telling: 209

Wat ek weet, of meen dat ek weet, het ek onder meer op praktiese manier in die klaskamer geleer - aan en van die kinders - ook my belewenisse van konferensies en kongresse, dagblaaie, biertjies op die stoep en die gans normale daaglikse waansin. Byna vyftig jare woon ek al in Duitsland; eindelik kan gestolde gedagtes, verflenterde notatjies nou uit hul winterslaap wagword. My uitgangspunt is dat die woorde lekker moet proe, glad oor die tong moet rol. Alles wat ek skryf is outobiografies - ek het nie die geld vir die prokureur nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 78 gaste aanlyn

Bydrae Totale