Jongste aktiwiteit:

Immanuel

onskuldig ons skuld gedra
maak die wat Hom wond gesond
onder die sware kruis het Sy liggaam geknak
maar die sondes van die wêreld vir Hom nie te swaar
weier die wyn en mirre vir pyn
maar vir ons gedrink die bitterste beker wat Sy Vader skink
vra vergifnis vir die wat Hom skuldig bevind
neem die aan wat Hom verwerp
die wat Hom vloek word geseën
in Sy eensaamste uur deur God en mens verlaat
sien Hy nog ander se eensaamheid raak
stort Sy liefde uit op die wat Hom haat
Sy liggaam deur mense gebreek aan ‘n kruis
aan die gebroke sondaar genade bewys
teen Hom pleeg mense die uiterste verraad
maar Hy sal die mens nooit versaak
geselhoue en spykers wat deur vlees dring
verbrysel om ons heel te maak
die sweepslae van verwerping
die haan wat kraai
spotwoorde by die kruisiging
weerklink deur die eeue
as ons Hom steeds verraai
en Hy steeds vir ons wag
om na Hom te draai




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Cornien het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak