Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: idaho boertjie

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 7 Desember 2019 Aantal woorde: 66 59 Kere gelees Hou van

in idaho
staan vriend se vrou
met wit sneeu velde
wat om haar tapyt
eerste kleinseun
se glimlag laat
trane reën

in idaho
tussen al die sneeu
kuier vriend se hart
lustig saam met hul
al biggel ‘n traan en
klou aan sy baard

in idaho
groei ‘n nuwe geslag
uit boer en yankee
met liefde geplant
in gesonde grond
wat alles vermag

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 726
Kommentaar telling: 114

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 43 gaste aanlyn

Bydrae Totale