Jongste aktiwiteit:

Huppel-kind

my huppel-kind
kind van my gees
wat was en sal wees
blinkend ster
wink van ver
kwiksilwertjie jy
vlindertjie vry
snoesige katjie
koketterige platjie
weerbarstige watertjie
wat babbel en skatertjie
kabbel oor klippies
dogtertjie, my dogtertjie
met valletjies en strikkies
laggies en drukkies
ag as jy maar net kon bly
maar ‘n engelvlerk het op die grond geval
jy
het
stuk
stuk
deur
my
vingers
gegly




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed