Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hospitaal Vloer

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 20 Maart 2020 Aantal woorde: 47 37 Kere gelees Hou van

Kliniese skoon
my plastiek blink vel
gesigloos
staar ek na vele
vuil voete.

Vorme skuifel stadig,
sonder om ń merk
te laat,
môre borsel, polituur
was alle gevoelens
in vergeetlikheid.

Skadus val as een
oor my swart strepie laste
as twee vet tannies
trap op my gesig.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 224
Kommentaar telling: 10

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 49 gaste aanlyn

Bydrae Totale