Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hoor jy die Engele (Silwer)

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 8 September 2020 Aantal woorde: 533 88 Kere gelees 3

‘n Geweerskoot knal deur die kloof; bo hul koppe kras die kraaie “Bastiaan het alweer ‘n bok laat val” verwyt Marljé, sy is tog so liefs vir die natuur.
Petrus joel soos hy lag: “hoop dit is ‘n groot een ek smaak vir biltong en wildspot”
“Jammer tog vir die arme bok” berus Marljé; al is daar baie wild om hulle plaas net so is die gevaar asook; iets wat hulle in die Langekloof nooit sal vergeet sedert twee jaar tevore hulle Pa deur ‘n bergleeu afgemaai was.’n Mens speel nie in die Langekloof vir net net pret nie!
Sebastiaan altans ‘Bastiaan’ soos almal hom noem is die oudste van die Grobbelaars en hy het die leisels oorgeneem op Grobbelaarsrus na sy pa se afsterwing.

Marljé is die tweede oudste, Petrus is te jonk om te jag maar nie té jonk om té leer slag nie.Op die kliprandjies waar hulle twee sit is hulle binne die veiligheid van die omtrek van die plaas.’n Mens kon die Langekloofberge met ‘n dag se stap bereik as jy die kort paadjies ken.

”Sal Bastiaan môre terug wees?” vra Petrus bedees.
“Ja as hulle môre vroeg ontwaak behoort hulle by skemer terug te wees”
“Ek sal dan vir hulle die lampies aanhou” voeg Petrus by.
“Kom ons beweeg aan” hap Marljé “dit word skemer”
Skemer op Grobbelaarsrus is vir Marljé een van die asemrowende gebeurtenisse; sy sal by die eetkamer se ruit aansit en na buite bespeur oor die Langekloof, hoe as die son sy kop agter die berge aan die westekant laat rus en die perspienk skemering se weerkaatsings oor die hemelsfeer na Engele lyk, het sy altyd geneurie “Hoor jy die Engele, hoe sing hulle oor die stil stil klowe?”
Petrus sou haar altyd uitjou:”As jy mooi luister sing hulle jy is kens!”
Ma, ma! sou Marljé haar ma opkeil “neem tog die klein snert hier weg!”
Dan hou die ligskou op en die Engele is stil en die donker met sy swartsluier bedek die wêreld. Net in die winter is die ligskou heeltemal afwesig op die koue kil reënerige dae, en dan sal die Engele volgens Marljé treur oor al die dooies. Natuur sê sy bly altyd haar eerste liefde hy bring haar al die wonderlikste juwele vanaf die berge tot die dal; die reuk van populierbosse wat saam die reuk van die gerypte langgras meng en al die skemerings wat sy kon tel.

“Die liefde brand soos ‘n vlam” sou Petrus haar paai hy weet sy vind dit swaar na ‘n slag van ‘n dier maar vir hom is dit natuur, die lewe en dood.Hoe die dood en lewe deel saam werk, hoe hulle mekaar soms probeer kul die een vir lewe en die een vir dood.
Nes ‘n sonsondergang sien hy vlamme en Marljé, Engele.
“En wat van my wildspot?” snou Sebastiaan vir Petrus “Met my liefde vir jag en potmaak sing julle twee alte lekker soos Engletjies as julle kakekners van die lekkernye”
“Dan hoor ons almal maar in ons eie hoe liefs ons Engele sing” voeg hulle ma by na sy die geskulde groente vir hulle neersit.

©Morné du Preez




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    9 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 116
Kommentaar telling: 81

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 147 gaste aanlyn

Bydrae Totale