Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hoop in stille swye.

Deur Arnold
Datum gepubliseer: 29 April 2016 Aantal woorde: 88 1024 Kere gelees 18

Ons vadere se dure gelofte
aldus word alles hier aan ons ontsê
met geen berou aan daardie belofte
daardeur alle hoop aan bande gelê

met geen sin in hierdie tweespalt skyn
geen erkening aan eie sondigheid
vrede soekende en dorsend na syn
hoelank nog in hierdie teenwoordigheid

daar’s hoop en vergifnis vir oortreding
ʼn boodskap van Christus aan ons betuig
so dors ons na daardie vervulling
waarvan Sy liefde en Almag getuig

as hierdie sondigheid nie in ons sterf
sal ons die ewige lewe nie erf.

09/08/2013 om 15h54.




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Anze

    29 April 2016

    baie groot boodskap hierdie.. PUIK gepen! Baie dankie vir jou bydrae tot die Carpe diem projek

  2. neels

    29 April 2016

    Besielende mooi

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 119
Kommentaar telling: 473

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 62 gaste aanlyn

Bydrae Totale