Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hoop Alleen

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 25 Februarie 2021 Aantal woorde: 55 36 Kere gelees 2

op ń grys blok sypad
op ń leë verfblik
sit stukkies gemors
hoop om as vrou
gesien te word

hand garing uit vuil mou
tone gesels uit gate
ore is tarentaal blou
hare hang olie
die lyf kreef weg

oë is leeg wakker
maag skree vrot brood
kop roep dop
stem vra geldjie
die mens verwag ń skop




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 510
Kommentaar telling: 81

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 108 gaste aanlyn

Bydraes – Argief