Titel: hoop
Deur Tearlach

–
kandelare lig oor droë blare
waar siele blus in ewige rus
–
harte bloei oor liefde wat gloei
nuwe lote groei onder luide skote
–
eerwaardes swig voor politieke sug
lidmate verhuis na volks vreemde huis
–
kersliggies brand oor kartetse wat land
mens oë verduister wyl hul ophou luister
–
donker gedigte vul die eter met swart ligte
aanhouer wen vertel die gelowiges wat ken
–
op my duin groei die bitter aalwyn
maak oë oop deur lewens periskoop
–
©Teárlach
TEMAS