Titel: hokaai
Deur Tearlach

–
saam met die virus-koors
verdwyn die mense op strand
es apee es patrolleer nou die sand
kinders wat dit waag om hul voete
op sand te sit word deur ou weeman
verklae en genadeloos verpes en vervolg
hoe kleinlik kan die weeman tog wees
sit en opdroog met hul teeekups
wat voor hul opdroog
omdat hul niks
beter het
om te
doen
hokaai sê my pêl
jooos jôr kommensens
maar nee hoog gestem
skril dit obsene dinge
oor wat sal kom
kindervoete
sand raak
–
©Teárlach
TEMAS