Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hoe sien jy jou Vrouwees?

Deur Lynelle
Datum gepubliseer: 8 Julie 2019 Aantal woorde: 1088 100 Kere gelees 2

Heel moontlik het julle self al baie oor besondere vroue gelees en geluister in hierdie maand en voel hopelik geinspireerd deur dit wat julle gelees het. Vrouens is dinamies in eie reg en ons hoef vir niemand terug te staan nie. Nie net is ons moeders nie maar is ons ook versierders wat die lewe elkeen op haar eie wyse mooi maak. Die vrou is geskape met soveel potentiaal. Sy is uniek in elke opsig, kosbaar en waardevol. Die kroon van die skepping.
Sy is gevul met krag maar bly nogsteeds teer.
Sy is sterk maar kwesbaar.
Sy bring nuwe lewe in die wêreld en maak dit dan groot, met haar hele hart en siel.
Sy stuit vir niks nie, behalwe miskien vir ‘n spinnekop. Sy kan vanuit ‘n paar bestandele ‘n gereg maak geskik vir ‘n koning. Ongekompliseerd, vra sy vir liefde en gee dit in elk geval al ontvang sy niks. Lank nadat almal moeg is gaan sy nog aan. Wanneer sy in ‘n saak glo dan veg sy soos ‘n tier daarvoor. Meëdoenloos en opreg.
Vrouens is soveel, dat ons nie een vrou in ‘n boksie kan sit nie. Dit maak ons meer as uniek. Ons koppe werk anders maar op die ou einde, as iemand moeite doen sal hulle die mooi in die chaos sien.
Maandagoggend kyk ek na ‘n video clip van Lynette Beer, energie straal uit haar uit terwyl sy my opbou met ‘n kort boodskap. Vrouens is dinamies omdat ons dinge ervaar met ons hart en siel. Ons word baie keer deur ons emosies gelei, soms is ons reg en ander kere kry ons seer. Soos ‘n radar is ons ingestel op seer en leiding en kan ons maklik met sulke dinge oploop gaan tot ons eie ondergang. Dink byvoorbeeld aan die fliek van Sandra Bullock. Daarin speel sy ‘n vrou, wat gegrond is op ‘n ware verhaal, wat ‘n jongman op straat sien en hom inneem in haar huis. Sy baklei vir hom, gee hom kos, blyplek en op die ou einde bou sy in sy lewe in, net soos wat sy vir een van haar eie kinders sou doen en word hy deur die gemeenskap aanvaar as haar seun. Hierdie jongman floreer onder haar aandag, tel selfs probleme op maar saam kom hulle by ‘n punt uit waar hulle besef hoe nodig hulle mekaar het. Indien sy nie die eerste stap geneem het nie was daardie jongman heel moontlik dood en een van die kommerwekkende stastistieke.
Vroue is onmisbaar in die samelewing. Kyk na Jenna Clifford met haar unieke juwele-skeppings, Lynette Beer, Karen Zoid, sy bly die grense skuif en bly nogsteeds eg vrou, Mimi Coertse – wie sal haar stem ooit vergeet. Anna Neethling Pohl het ‘n slag gehad met woorde, Ena Murray – ek kon weg raak in haar stories vir ure. Daleen Matthee se Kringe in die bos, Donnalee Roberts – ‘n sprankelende jongdame met die mooiste gawe, Andriette Norman wat ons dieper in die oseane vat. Juanita du Plessis met haar unieke treffers wat SA laat saam sing. Helen Zille – ystervrou, Helen Suzman – kampvegter, Anneline Kriel – nogsteeds net so mooi, Caster Semenya – wat die atletiek wêreld aan die gons het, Winnie Mandela, Natalie du Toit – selfs met haar gebrek het sy die hoogste sport bereik. En so hou die lys aan. Elkeen leiers op hul eie gebiede.
Ek hou maar by die Suid Afrikaanse vroue want die lys is selfs nog langer vir internationale vroue wat ‘n groot impak gemaak het of nogsteeds doen. Vroue wat uitgestaan het in politiek, wetenskap, mediese velde, bankwese ens. Of ons nou saamstem met hulle of nie bly hulle merkwaardig. Vroue soos lady Diana, Margaret Thatcher, Hillary Clinton, Ophra Winfrey, Charlize Theron. Julle kry die idee.

In 1953 het Katherine Johnson ’n geweldige groot rol gespeel by NASA. Sy was deel van die span wat die eerste man op die maan laat land het deur haar wiskundige kennis. Sy word geken as die vroulike computer. Kyk gerus na die fliek Hidden Figures, wat op haar lewe gegrond is. In 2015 het sy die Presidential Medal of Freedom ontvang vir haar bydra.

Die persepsie van Vrouwees is dame wees en selfs in hierdie dae en tye nogsteeds so. Miskien met ‘n bietjie meer geduld of ‘n wegkyk maar die norm is nog steeds so.
Van kleins af is dit in ons geprent om mooi te lyk, reg te loop, nie ons naels te kou nie. Om op die regte manier te kommunikeer en altyd vier en regop te wees. Ons is geleer om die kookkuns te bemeester, in sommige gevalle is ons vrouens geleer om die perfekte skepping te maak deur die perfekte steke te ken. Presiesie was ‘n moet nie ‘n keuse nie. Wel, in my ma se tyd was dit so en tot en met haar heengaan kon sy deur ‘n ring getrek word. Wanneer my ma gaan klere koop het, het dit ‘n dag gevat, tot ons kinders se ergenis. Elke item was bekyk en bestudeer tot in die fynste detail. Die soom moes reguit wees, elke naat perfek afgewerk. ‘n Rok, bloes of romp moes perfek sit anders was dit verkeerd. Jy het nie met haar daaroor gestry nie. Glad nie. Skoene moes pas by die uitrusting. Die hoed en sykouse ook.
‘n Vrou moes in alle opsigte altyd netjies lyk. Dit is in ons ingeprent van kleins af, elke haar op sy plek. Fyn skoene met ragfyn sykouse was die norm. Deesdae faal die jongerdames in hierdie beskrywing. Hul postuur is verkeerd, sit lelik, praat soos hulle wil en ons aanvaar dit so maar maak dit haar dan minder vrou? Hulle kleredrag lyk soms erg, glad nie lady-like nie. Vrouens nou se dae trek net verkeerd aan en ek glo dit dra ook baie by tot hul gemoedstemming. Ons lewe in so ‘n gejaagde wêreld waar ons in honderde rigtings getrek word dat tyd vir ons self min is. Daarom lyk die meeste dan onversorgd. Dan praat ek nie eers van die jongergeslag wat als laat uitsteek nie. Hier is ek soos my ma. Jou onderklere is privaat en nie vir die wêreld om te sien nie. Punt.
Is die uiterlike nogsteeds so belangrik? Wanneer ek na flieks van Hollywood kyk is dit tog die geval. Hollywood is ‘n baie goeie maatstaf van wat in die wêreld aangaan en hoe hulle vroue projekteer werk in op elke vrou se denke: positief en negatief.
Hoe sien julle vrouwees?
Diamant Divas program uitgesaai Augustus 2018




TEMAS
4 Kommentaar
  1. Kiekies

    12 Julie 2019

    Ek verstaan nie wat soms op onse Ink werf aangaan nie. Hier kan ek kommentaar lewer, maar nie op Deel 2 nie. Nou ja, dan doen ek dit maar hier:
    Bly jy het weggebreek uit die intimidasie van daai veneinige mense.

    Om te korigeer:
    Daar sal grappies gemaak word, draad gesteek word – moet wees draak steek
    escape goat moet wees scapegoat.

    Lekker verder skryf.

  2. Lynelle

    12 Julie 2019

    Dankie vir jou terugvoer, waardeer dit werklikwaar baie.

  3. Koos Elsum

    4 Augustus 2019

    Die stuk het my gedagtes na die norme van die samelewing geprikkel. Waarom moet enige individu gemeet word, soos die artikel verwag dat vroue gedrag so en so moet wees, aan gemeenskaplike waardes. Elke mens moet sy eie waardes bepaal en sy skadu kante wat hom beperk en dit nastrewe sonder Hollywood modes. Dit sal vrede in ons eie lewens en die breë gemeenskap bring.

  4. Lynelle

    6 Augustus 2019

    Dit is baie waar, elke persoon, man of vrou definieer sy waarde. Dit is hartseer dat die samelewing ins nogsteeds kan defineer. Dankie vir jou insae Koos.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 55
Kommentaar telling: 12

Ek het my eerste boek in 2012 gepubliseer en my tweede in 2014. Ek hou van nuwe uitdagings en is gereeld besig om my skryfkuns te beoefen. Ek is woonagtig in Alberton, Gauteng.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale