Jongste aktiwiteit:

Hoe groot is jou wêreld?

Hoe groot kan jou wêreld wees
as jy dit nie meer sien
vir wat dit werklik is nie…

so staar jy deur ʼn waas vooruit
maar fokus op niks nie

Toe-oë toegespin
toegebou in ʼn kokon
Maak jou wêreld hier meer sin
lyk dit regtig minder krom?

Ingekeer vasgevang
aan die draad waaraan jy klou
Onderstebo opgehang
sien jy net dit waarvan jy hou.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed