Jongste aktiwiteit:

Histerie van ‘n Enkeling

Buite ‘n velhulsel talm
‘n gees,
wyl woede wat walg weergalm
deur dekades van dood wees,
skeur ‘n geslote handpalm
‘n belaaide emosfeer.

Veg vir ‘n reg – vir nét een!
Gil om net te kan leef!
Skree oor ‘n leeftyd se seer,
ween oor ‘n siel – gebreek,
alleen…
sielsalleen.

Skink die kelk van bitterheid
vir dié kind wat verraai is.
Kruisig haar met verwyt
oor ‘n wang wat nie gedraai is…
Dogter van verslaenheid,
toe liefde se rug gedraai is,

het ‘n man drie maal gelag
in verlustiging van jou leed.
In drievoud is die klag
teen die muur uitgegrafeer:
té lig bevind, verag,
verafsku en afgekeur!

En in die leemte van jou
gees herken jy die broosheid,
die breek en brokkel in jou.
En in dié oomblik van waarheid
word die winde stil in jou,
vind jy vrede – gelatenheid.

© CJ Laing – 25/08/2019
© Skets: CJ Laing Original 25/08/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed