Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Histerie van ‘n Enkeling

Deur See-Jay-El
Datum gepubliseer: 27 Augustus 2019 Aantal woorde: 147 67 Kere gelees Hou van

Buite ‘n velhulsel talm
‘n gees,
wyl woede wat walg weergalm
deur dekades van dood wees,
skeur ‘n geslote handpalm
‘n belaaide emosfeer.

Veg vir ‘n reg – vir nét een!
Gil om net te kan leef!
Skree oor ‘n leeftyd se seer,
ween oor ‘n siel – gebreek,
alleen…
sielsalleen.

Skink die kelk van bitterheid
vir dié kind wat verraai is.
Kruisig haar met verwyt
oor ‘n wang wat nie gedraai is…
Dogter van verslaenheid,
toe liefde se rug gedraai is,

het ‘n man drie maal gelag
in verlustiging van jou leed.
In drievoud is die klag
teen die muur uitgegrafeer:
té lig bevind, verag,
verafsku en afgekeur!

En in die leemte van jou
gees herken jy die broosheid,
die breek en brokkel in jou.
En in dié oomblik van waarheid
word die winde stil in jou,
vind jy vrede – gelatenheid.

© CJ Laing – 25/08/2019
© Skets: CJ Laing Original 25/08/2019




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 56
Kommentaar telling: 69

Ek lief dit om met woorde te speel.  Dis 'n taal wat lewe in klank, waarin jy uiting kan gee aan jou emosies en ervarings.  Ek het lank gesoek na 'n hawe soos die, waar my werk geevalueer en beoordeel kan word deur ander wat my liefde deel.  Dit sal vir my wonderlik wees om  onafhanklike beoordelaars tot my beskikking te he.  Deur die kritiek en opweeg kan ek net leer... Deel en gesels met my, ek sal graag van julle wil hoor.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 123 gaste aanlyn

Bydrae Totale