Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: (Himne) God is goed

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 30 November 2020 Aantal woorde: 81 47 Kere gelees 2

In die skuilte van die Allerhoogste
vind ek my vreugde en rus
vlei my neer in Sy groen velde
en versadig my aan Sy genade.
Soos ‘n ribbok klim ek berge
selfs oor skeure en hoogtes
en wanneer ek deur vuur gaan
lei Hy my ongeskonde.
Hy hou my voete op die regte pad
vermaan my teen dié wat my
wil vermink en skaad.
By Hom is ek altyd veilig
en verseker van ‘n lewe
selfs na die dood.

©Driekie Grobler (2020)




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 65
Kommentaar telling: 126

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 77 gaste aanlyn

Bydrae Totale