Jongste aktiwiteit:

Herkou

oë staar na niks
rooi bloed stol
verrot
in nuwe lewe.

gedagtes in niet gewerp
wysheid uit kop gewring
oorleef
in die sapiens stam.

tyd en daad stempel alles
tot fyn mis stof
verwaaid
as droë kompos.

gene, goed atome
dra vandag nog
energie
uit talle eeue.

ons is verneuk
lewe momente is alleen
groei pyne
in ń heelal plan.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed