Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: HERINNERING

Deur Barbara
Datum gepubliseer: 10 Maart 2019 Aantal woorde: 202 40 Kere gelees 2

HERINNERING

Nog self maar kind toe liefde bloei
en wortelskiet diep in my wese
my buik en borste maanrond groei
tog ingegrens fladder nuwe vrese.

Laggend om my, geliefdes vrolik
sagte geskenkies en piepklein kleertjies
onsekerheid wat onderlangs ver-olik
ongeduld voelbaar in die voeteveertjies.

Maar toe was alles vreeslik deurmekaar…
skreeuende jaagtog deur die stille nag
pyne golf…uitmergelend intens en
in die agtergrond die monitor wat piep
dat jy haastig was, nes ek
om hierdie “ding” verby te kry.

© Barbara Smit 10/03/2019

• Neologismes – maanrond, ingegrens, ver-olik, voeteveertjies
• Interteks – Herinnering deur Elizabeth Eybers

HERINNERING

As kind het ‘k eens die maan se ronde skyf
langsaam sien uitswel bo die silwer vlei
om saggies soos ‘n seepbel weg te dryf
en tussen yl popliere in te gly.

Agter my in die donker was ‘n raam
vol lig en mensestemme en gelag
en ín my angs en weekheid sonder naam
terwyl ek op die maan se loskom wag.

Die res is alles duister en verward…
Van tak tot tak het hy gewieg… ek weet
nog net dat die gekneusde gras se geur
soos naeltjies was en dat ek skielik seer-
gekry het van die inkrimp van my hart
en met my pols die trane weggevee’t.




  • TEMAS
    2 Kommentaar
    1. Anze

      Maart 10, 2019

      Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek

    2. Viooltjie

      Maart 11, 2019

      Baie goed gedoen, Barbara

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 49
    Kommentaar telling: 42

    INK E-formaat tydskrif

    Gebruikers Aanlyn

    1 Lid, 36 gaste aanlyn

    Bydrae Totale