Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Herfswandeling in die laat skemering.

Deur Arnold
Datum gepubliseer: 31 Julie 2016 Aantal woorde: 74 979 Kere gelees 11

In grasie staan my najaarsblom
gister kon ek sien
dat die dag lewe gehad
en die wolke rondgeskuif het

vandag lyk alles so kaal
so klam en tog nie so vaal
alles grou in oneindigheid
met ʼn hoë humiditeit

die reën daal sag en teer
om die gemoed te streel
wandel ons in die herfsjare
so staar ek na haar gebare

in grasie staan my najaarsblom
altyd bly jy my geliefde vrou.

02/07/2016 om 10h17




TEMAS
7 Kommentaar
  1. neels

    31 Julie 2016

    wat n pragtige ode aan sekerlik n wonderlike vrou

    • Arnold

      1 Augustus 2016

      Dankie Neels, soms is dit die moeite werd om die sewe sakke sout saam op te eet.

  2. Anze

    31 Julie 2016

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die najaarsblom projek

  3. Ronel Janse van Vuuren

    1 Augustus 2016

    Pragtig.

  4. Koekekranka

    6 Julie 2017

    Is ons manne maar Bybels gedoem om die vrou-geskep uit benede die rib- bo vrdienste aan te hang en bo verdienste te prys?

    Wel: “…If music be the food of love, play on…!”

    Welgedaan vriend!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 119
Kommentaar telling: 473

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 78 gaste aanlyn

Bydrae Totale