Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: her

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 17 Januarie 2021 Aantal woorde: 122 43 Kere gelees 2


skerp kom die gedagte vanoggend
in my brein op, daar waar ek op my duin sit
in my skooldae was die gedagte van “her” ‘n vloekwoord
net die gedagte om te erken jy was te lui of te lig was erg
daar het ‘n soort vloek oor jou gekom, almal het jou gesien
jy was nie goed genoeg, nou moet jy die jaar oordoen
‘n jaar was ‘n lang tyd tydens ‘n her-doen
tog het dit die wat sterk genoeg was
sterker gemaak en meer volwasse
vandag besef ek, as ek eerder
iewers ‘n “her” gehad het
sou ek dalk vroeër
emosioneel ryp
geword het
soms moet mens
iets in sy lewe kan “her”
om perspektief te kry

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1074
Kommentaar telling: 136

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 107 gaste aanlyn

Bydraes – Argief