Titel: Hartsvriende
Deur Jessica Venter
as die wêreld my wil platvee
sal jy altyd my trane verstaan
met jou aan my sy
verander die lewe se bitter
in suikersoet omgee
ware vriende is ‘n seën
koor: vriendskap se hartswense
is liefde sonder grense
my bestie sal jy altyd bly
hartsvriende, ewig, ek en jy
as ek struikel oor my foute
met liefde sonder oordeel
is jy altyd daar vir my
langs bosveldvuur se knetter
lê ons gedeelde drome
smeulend tussen kole as
jou omgee hart
ken die klop van myne
tussen die skare
hoor jy as my siel roep
niemand ken my beter
by jou kan ek net wees
koor: vriendskap se hartswense
is liefde sonder grense
my bestie sal jy altyd bly
hartsvriende, ewig, ek en jy
met snapchat en selfies
word herinneringe vasgevang
teen die mure van my hart
as verlange in my oë blink
sal ek jou altyd onthou
my hartsvriendin sal jy altyd bly
© Jessica Venter
21/4/2018