Jongste aktiwiteit:

HARTSPLAGIAAT

HARTSPLAGIAAT

Ongetem en stom skeur my oë in ‘n 2geveg dwarsdeur die onbevange swart van die nag.
Ek kruip weg vir die lig van die maan en flikker-flonker van die sterre; soos ‘n mal kakkerlak in die donkerte van ‘n stofhoekie iewerster in ‘n deurmekaar koskas.
Die rou wekroep van my hart stom gemuilband.
Gevange in die nag se swart monoloog; ‘n weerlose gyselaar van die stil 2spraak van drome wat weier om te sterf.
Maar in die middel van al hierdie donker.
In die middel van al hierdie sinlose chaos……. Sal ek terugklim binne-in die vuur van Sy oë.
Sal ek naak en sonder pretens staan voor die spieël van Sy Wees.
…….En stadig weer die prentjie van my menswees; my vrouweesgemaak inkleur met al die wild-skeppende kleure van ‘n vrygekoopte gees, ‘n verloste hart.
Stukkie vir stukkie weer die Bloudruk van die GhwarriegatQueen oorteken uit Sy hart!!!

Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag die vingermerke van die lewe saggies lê op en oor die handbreetes van jou wees.
©Liza Daniells




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed