Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Hart van ‘n ma

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 11 Mei 2019 Aantal woorde: 138 154 Kere gelees 6

My kind …
jou optrede en woorde
skif soos kaf in die wind
een oomblik kwansuis satyn
dan weer druppend van venyn
kneeswoorde en dade
(hier en daar, deur die jaar)
wat seer letsels laat

my oog sien
wat ander nie kan
my oor hoor
wat ander nie verstaan

getrou gee jy elke jaar
(met Moedersdag)
‘n toegedraaide geskenk
gestrik in trots en prag
en, alhoewel ek dit aanvaar met dank
bloei my hart oor klater
want opregte liefde
(en respek)
kan nie gemeet word in geld
teen suiwer waarde

so, los maar die jaarlikse
eendag-onthou-geskenke
die afgewaterde huldeblyke
sien raak my moederhart
verguis, vertrap, versmart
deur onsensitiewe optrede en woorde –
veel eerder sal ek daagliks wil ontvang
eerbied uit jou dade
want slegs dít
sal my kan laat voel
soos ‘n ma van waarde.

©Driekie Grobler
(11/5/2019)




TEMAS
5 Kommentaar
  1. Anze

    11 Mei 2019

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2019 projek

  2. Kiekies

    13 Mei 2019

    Sjoe baaaie goed bedink en verwoord!

  3. Driekie

    14 Mei 2019

    Baie dankie, Kiekies, waardeer jou kommentaar en lees.

  4. Driekie

    14 Mei 2019

    Dankie, Anze, waardeer

  5. Loretta Szikra

    30 Mei 2019

    Ai Driekie, pragtig verwoord en so waar! Hoe wens ek nou dat ek net nog n kans kon kry om my liefste ma weer en meer te kan waardeer… Soms besef mens nie n moeder se waarde tot dit te laat is nie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 22
Kommentaar telling: 124

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 86 gaste aanlyn

Bydrae Totale