Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Harde Bene

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 7 Augustus 2019 Aantal woorde: 73 120 Kere gelees 3

Sonder woorde of rusie
leef jyself die illusie
van gewoonte met liefde vergis
Niks meer niks minder
as dít wat dit is;
die som van alles
wat jy innig betwis

soos daai stokou jigsiekhond
(sonder tande in die mond)

wat leepoog staar
vanwaar dit bekaf kluif
aan harde bene
wat jý hom maak kou –
terwyl jy klou en karring
en strykdeur hamer
aan ʼn ding wat lankal
afgemaak moes wees

©Loretta Szikra




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 115
Kommentaar telling: 210

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 52 gaste aanlyn

Bydrae Totale