Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Haatspraak is mos nie liefde

Deur Palet
Datum gepubliseer: 27 Oktober 2019 Aantal woorde: 485 143 Kere gelees 3

Die gala het aangebreek en die verwagting in die lug is amper tasbaar. Ek ondersteun vannaad  een van die Digters, my sus. My maat van die afgelope 17 jaar is veilig tuis.

Die Kaapstad winde ruil el tydelik vir Pretoria se pers Oktober blommeprag.

Onbekendes vanuit alle agtergronde kry hulle sit rondom groot ronde trafels.

“Sy lyk onskadelik, aangenaam,” flits dit deur my gedagtes toe my buurvrou arriveer.

Die hammer en spykers in haar handsak wil ek nie sien.

Gesels, kos, en vloeistof is vollop. Die fotograaf se kamera se oog kyk net vorentoe.

My buurvrou speel onwetend model van die standbeeld wat ek gretig van haar bou. Ons hele tafel bou beelde, sy ook beitel ook aan een van my.

Halfpad staan ons terug en bekyk ons handewerk. Dit het nou tyd geword om te besluit of ons verder gaan bele en of taktvol ons skouers gaan rig in n ander rigting. Nee wat, ek hou van wat ek sien, kom ek beitel nog bietjie verder. Haar beeld staan al  nek-hoogte, net die kop makeer.

Die belangrikste deel kom, haar brein, haar psige, sy. Daarna kort nog net haar hooftooisel dan het ek moontlik ń splinternuwe vriendin.

Hoe kon ek weet wat gaan volg toe ek haar glimlag begin vorm. Dit moet klaar, daarsonder is dit net my eie handewerk. Ek het haar lankal hande gegee en die’ stoot sy spottend voor haar uit met self gemaakte slap polse. Ek voel die verbasing in my opstoot, dit kan nie gebeur, dit kom mos nie uit my beitel? Ek vorm die laaste deel van haar mond, maar die vriendelike glimlag verdwyn en maak plek vir n spotlag, ook nie die werk van my beitel. Ek wil naarstigtelik ingryp om my mooi beeldwerk te red maar dit is te laat, my beitel kap aan die laaste van die brein, die psige, sy.

“Jy weet, een van daaaai,” sê sy terwyl haar polse waaraan ek met soveel verwagting gewerk het nog slapper maak.

“Jy weet mos, n moffie,” sê sy.

Emosies borrel in my op, massas van hulle, en een moet ek een kies. Die haan het al twee keer gekraai voor ek my keuse neem.

“Soos ek?” hoor ek myself sê, maar dan eerder gay” hoor ek myself byvoeg. Die beeld kraak voor my, die hande val af, die spotlag verander na ń selfkastydende self bejammering. Ek aanvaar elke jammer wat volg.

“Ek belowe ek het hulle steeds lief,” probeer sy red. Ek besef met my eie jammerte die beeld gaan nooit klaar. Die model is te besig om met haar eie emosies van skaamte en verleentheid te deel.

Ek sit my beitel neer met vergifnis en aanvaarding, met die hoop ek het ander dalk toekomstige spot spaar. Ten minste kon ek myself die’ keer die haan se derde kraai spaar.

Geskryf deur my broer, sy eerste poging op papier. Hy’t sy inspirasie gekry by gistraand se Gala aand.




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Ano

    31 Oktober 2019

    En liewe Palet, ek hoop jou broer sluit aan en deel gereeld sy woorde en gedagtes ook met ons, op sy eie manier en papier. <3

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 378
Kommentaar telling: 354

Waar die see en die horison ontmoet, sal die gedruis van die oseaan in die suis van die wind stil raak.. Dis hier waar my drome my woorde in die binnekant van my siel kom lӗ  

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale