Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Grys Skakerings

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 16 September 2019 Aantal woorde: 180 112 Kere gelees 1

‘Jy is nou een van hulle,’ fluister sy.

Rillings vee oor my terwyl ek kyk na die trio wat in ons rigting grinnik. Ek wou dit nie glo nie. Tog … toe ek my oë toemaak, kon ek steeds alles rondom my sien, hoewel dit in grys skakerings was.

‘Wat gaan jy doen?’ vra Alyssa, bekommernis skyn uit haar oë.

Ek kners my tande en kyk na die verskrikte gesigte van die inwoners van ons klein dorpie. Ek wou nie my huis verlaat nie. Maar om selfs die boelie van die plek te sien bewe onder my blik …

‘Ek aanvaar my lot.’ Ek omhels my suster en stap na die vreemdelinge wat middernag na ons dorp gekom het.

Die trio van hekse glimlag en ‘n mantel in verskillende pers skakerings na vore gebring – dieselfde as s’n, maar tog baie anders.

‘Welkom, Suster,’ sê hulle eenstemmig terwyl hulle dit oor my trek.

Ek aanvaar die warmte wat dit bied en waai in afskeid na my suster en loop saam met my nuwe susters in die mis in.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 94
Kommentaar telling: 265

Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar. My wêreld draai om my twee Rottweilers – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 EN 2018 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my webtuiste http://www.ronelthemythmaker.com.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 122 gaste aanlyn

Bydrae Totale